Wednesday, March 17, 2010

Dolly Colyn maak 25 jaar in die VCSV

Alhoewel ek op 1 Januarie 2010 al 25 jaar by die VCSV is, is ek mos sedert die end van 2003 net op ’n deeltydse basis by die organisasie betrokke. In effek kom dit daarop neer dat ek vir 6 maande van die jaar ’n 25-uur per week pos het.

Ek hou my in hierdie beperkte ure besig met berading by skole en kampe. Ek besoek ook die skole in Kwazulu-Natal twee keer 'n jaar. Die tyd in Kwazulu-Natal is baie bedrywig en intensief, want behalwe die afstande wat ek per motor aflê, besoek ek soms 3 skole per dag. Tydens hierdie besoeke konsentreer ek hoofsaaklik om die VCSV-onderwysers en skoolhoofde te bemoedig en saam met hulle te bid en praktiese raad te gee t.o.v die bedryf van hul VCSV-takke.

Gedurende die 3de en 4de kwartale van die jaar is daar ’n klomp gr 7-kampe, kringleierskampe takkampe en ’n SuperCamp waarby ek met groot opgewondenheid betrokke is.

No comments:

Post a Comment